Eskom: Fase 4-beurkrag duur tot Saterdagoggend

Eskom het aangekondig dat fase 4-beurtkrag tot Saterdagoggend sal voortduur en fase 3 dan vir die res van die naweek sal geld. Eskom hoop om die naweek die damvlakke by die pomp-bergingskemas aan te vul, wat wydverspreid gebruik word om opwekkingsvermoë aan te vul. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, het die publiek verseker daar word aandag gegee aan die probleme wat gelei het tot die aanhoudende kragonderbrekings.