Rugby: Engelse kaptein voor tugverhoor oor vuilspel

Rugby: Engeland se kaptein, Owen Farrell, loop gevaar om die begin van die Sesnasies-kompetisie mis te loop nadat hy uitgewys is vir vuilspel toe hy Vrydagaand vir Saracens gespeel het in ‘n Premierskaps-wedstryd teen Gloucester. Die skeidsregter, Karl Dickson, het Farrell nie gestraf vir ‘n gevaarlike duikslag op Gloucester se flank, Jack Clement nie, en die losskakel het daarna die oorwinning vir Saracens beklink met ‘n skepdoel in die doodsnikke. Hy verskyn vanaand voor ‘n tugkomitee. Farrell is in 2020 vir vyf weke geskors vir ‘n soortgelyke oortreding.