AmaZulu-koning vra vir vrede en kalmte

Die koning van die AmaZulu, Misuzulu kaZwelethini Zulu, het ‘n beroep gedoen vir vrede en kalmte in KwaZulu-Natal. Altesaam 39 vragmotors is by die Mooirivier-tolplaza aan die brand gesteek en honderde mense het sedertdien meubel- en koswinkels in die provinsie geplunder. Die koning sê die geweldpleging en plundery gaan die land se ekonomie verwoes.