Noodtoestand in Kentucky afgekondig

Oorstromings in die ooste van Kentucky het minstens agt sterftes veroorsaak en volgens die goewerneur Andy Beshear sal die dodetal na verwagting verder styg. ’n Reeks storms wat die oostelike deel van die staat deurdrenk het, het baie skade veroorsaak. Dit sal jare neem om te herstel sê Beshear.