‘Noodtender’ vir klaskamers: Swak beplanning of politiek?

Reaksie word steeds ontvang op August 26 Construction wat nog klaskamers vir die regering bou teen ‘n geraamde koste van 200 miljoen Namibiese dollar. Dit is blykbaar ‘n noodprojek, wat beteken daar is nie vir die werk getender nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Bärbel Kirchner, die uitvoerende hoof van die Konstruksiebedryf-federasie, wat sê party-politieke motiewe kan in die toekenning van die werk vermoed word.