Galp wil nou 50% van sy aandeel in Pel 83 verkoop

‘n Dag nadat Galp Energia en sy Namibiese vennote Custos Energy en Namcor aangekondig het dat vloeitoetse op sy Mopane-put in die Oranje-bekken 14 000 vate per dag aandui, wil Galp helfte van die 80 persent belang in die PEL 83 eksplorasieblok wil verkoop. Die gebied het ongeveer 10 miljard vate ru-olie. Galp, wat in Lissabon gebaseer is, bied aan dat beheer oor die ontwikkeling van die projek aan die potensiële koper afgestaan sal word. Reuters berig dat Galp nie kommentaar wou lewer nie.