Stormy Daniels: Trump het verkiesingsbedrog gepleeg

Aanklaers sê oudpresident Donald Trump van Amerika se swyggeld-saak handel oor sameswering en bedrog. Trump word aangekla van 34 voorvalle waar sakerekords na bewering voor die 2016-verkiesing vervals is om die betaling van swyggeld aan die porno-ster, Stormy Daniels, te versteek. Sy saak het in New York begin. Die aanklaer, Matthew Colangelo, het in sy intreerede gesê wat Trump gedoen het, is blote verkiesingsbedrog. Die verdediging voer aan die oudpresident was nie betrokke nie en was onbewus van die besonderhede rondom die betaling.