Nooddienswerkers sterf toe landmyn by Cherson ontplof

Tien mense is dood en minstens 68 beseer in ‘n Russiese aanval op die Oekraïnse hawestad Cherson. Die Oekraïnse regering beskryf die aanval op Cherson as moedswillige moord vir plesier. Drie nooddienswerkers is ook dood toe ‘n landmyn ontplof het terwyl hulle besig was om landmyne in ‘n deel van die Cherson-streek te verwyder. Rusland, wat Oekraïne tien maande gelede binnegeval het, beheer die meeste, maar nie die hele Cherson-streek nie. Teen middel November het die Oekraïnse magte die streek se administratiewe hoofstad, Cherson, asook ‘n aantal nedersettings teruggeneem.