Krieket: Engelse snelbouer gereed vir Proteas

Krieket: Jofra Archer sal Engeland die eerste keer in meer as ‘n jaar in eendag-wedstryde verteenwoordig wanneer hulle teen die Proteas te staan kom in ‘n reeks van drie wedstryde in Suid-Afrika. Beserings aan sy elmboog en rug het die snelbouler die hele huidige Engelse seisoen van die veld gehou. Suid-Afrika en Engeland sal op 27 Januarie in Bloemfontein speel, gevolg deur nog ‘n wedstryd in die Vrystaatse hoofstad twee dae later. Die laaste wedstryd vind op 1 Februarie in Kimberley plaas.