Nooddienste sukkel met strukturele uitdagings by George-gebou
Noodreddingspanne staar strukturele struikelblokke in die gesig in hulle reddingsoperasie, ná die ineenstoring van ‘n gebou onder konstruksie in George. Die Universiteit Stellenbosch se hoof van Struktuur- en Brand-ingenieurswese, Richard Walls, sê hulle moet meer as 3 000 ton beton verwyder om vasgekeerde oorlewendes te bereik óf om slagoffers se liggame te herwin. Walls sê 38 mense moet nog gered word en swaar toerusting moet nou ontplooi word om te help met die soek-, reddings- en herwinningspogings.