Nog twee weke om in te skryf vir Mnr. Gay Namibië

Inskrywings vir Mnr. Gay Namibië is met twee weke uitgestel. Volgens die uitvoerende hoof van Mnr. Gay Namibië, Wendelinus Hamutenya, het inskrywings op 6 Augustus geopen en sou dit vandag gesluit het. Dit is met twee weke uitgestel om mense meer geleentheid te gee om in te skryf. Sedert 2011 is die kompetisie drie keer aangebied. Hamutenya is in 2011 as die eerste Mnr. Gay Namibië gekroon en daarna was Ricardo Amunjera in 2013 die wenner. Die wenner sal Namibië by Mnr. Gay Wêreld verteenwoordig. Hamutenya gee die besonderhede om in te skryf.