As entstowwe billik versprei was, was 40% van die wêreld geënt

‘n Streng nuwe inperking is in die Russiese hoofstad Moskou ingestel met gevalle wat skerp toeneem. Daar is 40 000 nuwe gevalle in die land in 24 uur bevestig. Maar, dis nie net Rusland nie, maar die hele Europa wat Covid-gevalle internasionaal opstoot met net minder as 249 000 gevalle wat in die afgelope dag aangemeld is. Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus sê die wêreld sou oor die ergste gewees het as entstowwe billik versprei is.