Nog seismiese opnames rondom TotalEnergies se groot olie-vonds

Die Britse TGS Geophysical-maatskappy het ‘n openbare kennisgewing geplaas dat hy aansoek doen vir ‘n omgewing klaringsertifikaat om 2D en 3D seismiese opnames net noord en suid van die 2913B eksplorasie gebied, aflandig in die Suide van die land, uit te voer – 2913B is die gebied waar TotalEnergies bronne van 13 miljard vate se ru-olie ontdek het. Die gebied dek 13 lisensies. TGS doen die tipe opnames vir maatskappye in die olie en gas industrieë om te bepaal of daar bronne beskikbaar is. Daar word berig dat die gebied, net wes van die Kudu-gasveld, die aandag van die wêreld het. TotalEnergies se ontdekking is die grootste en belangrikste in meer as twee dekades – maar, Namibië het ongeveer tien jaar om die bedryf heeltemal op die been te bring om te voldoen aan sy beloftes rakende emissies en klimaatsverandering.