Djokovic bevestig daar’s geen Flushing Meadows vir hom nie, nie gespuit nie

Die driemalige kampioen, Novak Djokovic, het bevestig hy sal nie na New York reis vir vanjaar se Amerikaanse Ope wat Maandag op Flushing Meadows begin nie. Dit volg nadat die land bevestig het hy sal nie toegelaat word aangesien hy nie ingeënt is teen Covid-19 nie. Die Serwiër het die Australiese Ope in Januarie ook hieroor misgeloop. Hy was vroeër die week nog op die toernooi se inskrywingslys. Djokovic het op Twitter gesê hy sal fiks en positief bly en wag vir ‘n geleentheid om weer te kan deelneem.