Angolese verkiesingskommissie se syfers klop nie – 103% het gestem?

Daar is vrae oor die jongste tellings wat deur die Angolese verkiesingskommissie deurgegee is. Volgens die syfers, waar die MPLA 51,07 persent van die stemme ontvang het met Unita op 44,05 persent, en verskeie ander partye met rondom 1 of 2 persent, is 99,96 persent van die stemme getel. Maar die kommissie, wat die syfers vrygestel het, sê 97,03 persent van die stemme is getel. Dit bring dan die totale stemme op 102,93 persent. Talle kiesers sê aan media dat die kommissie onbevoeg is en daar is reeds berigte dat Unita nie die finale uitslae aanvaar nie.