Nog sanksies, die keer teen Putin se dogters en Lavrov

President Vladimir Putin se twee meerderjarige dogters en Russiese banke is onder die mense en instellings wat deur vars Amerikaanse sanksies geteiken word. President Joe Biden het ook sanksies aangekondig teen die vrou en dogter van die Russiese minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov. ‘n Amerikaanse woordvoerder sê die land is besig om die finansiële skok dramaties te verhoog, deur sanksies in te stel teen twee van Rusland se finansiële instellings. Putin se dogters word volgens berigte geteiken, omdat hy blykbaar van sy bates by hulle wegsteek.