Nog sankies teen Rusland, sê Biden

President Joe Biden sê Amerika sal nooit Rusland se poging om grondgebied in Oekraïne te annekseer, erken nie. Die Russiese president, Vladimir Putin, sal na verwagting vandag wette onderteken om  vier streke, naamlik Kherson, Zaporizhzhia, Donetsk, en Luhansk te annekseer. Dit volg nadat Moskou die afgelope week referendums gehou het om ‘n mandaat te verkry om die gebiede in te lyf. Die vier streke verteenwoordig sowat 15 persent van Oekraïne se grondgebied. Biden sê Amerika sal nuwe sanksies teen Moskou instel as gevolg van hierdie optrede.