Mnr. Gay Namibië die naweek gekies

Mnr. Gay Namibië 2022 sal Saterdag gekroon word om die 26-jarige Jason-Lee Mekay op te volg. Tien deelnemers sal om die kroon meeding en die wenner sal tussen 9 en 16 Oktober aan Mnr. Gay Wêreld in Kaapstad, Suid-Afrika, deelneem. Die kompetisie sal by die NamPower-konvensiesentrum in Windhoek plaasvind. Wendelinus Hamutenya, die direkteur van Mnr. Gay Namibië, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.