Nog reaksie op beslissing dat Zuma moet betaal

Die SA-First Forum het die Appèlhof se beslissing teen Jacob Zuma verwelkom. Die hof het die oudpresident se appèl teen ‘n uitspraak dat die staat nie vir sy regskoste verantwoordelik is nie, met koste van die hand gewys. Die forum se Woordvoerder Rod Solomons, het ‘n beroep gedoen dat die uitvoerende gesag se misbruik van staatsfondse gestaak word: