Mensehandel-saak geregistreer

Die Woordvoerder van die Namibiese polisie Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi het bevestig dat ‘n saak van mensehandel geregistreer is na 2 vroue onwettig deur Katima Mulilo gesmokkel is om plaaslik goedkoop te werk. Die twee vroue, afkomstig van Zambië, is 20 en 27 jaar oud, is spesiale gesoek en die land ingebring. Berigte lui dat hulle op 1 April die land binnegekom het. Die verdagtes is nog nie in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.