SA wynbedryf vaar effe beter

Daar is tekens dat wynuitvoere begin verbeter ná die verwoesting van die pandemie. Die bedryfsorganisasie Wyn van Suid-Afrika sê daar was ‘n beduidende verbetering in uitvoere in Maart nadat dit aan die begin van die jaar feitlik bewegingloos was. Die neiging duur hierdie maand voort. Woordvoerder Maryna Calow sê die bedryf het van Maart tot Oktober verlede jaar meer as 3,7 miljard Namibiese doller se inkomste uit toerisme verloor.