Onderwysers moet bemagtig word

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het erkenning gegee aan die leierskap van onderwysers met die transformasie van onderwys. Chiloane het tydens die 22ste Nasionale Onderrigtoekennings in North Riding, Johannesburg, gesê gemeenskappe moet ‘n ondersteunende omgewing skep waarin onderwysers verdien om te werk, sowel as toegang tot professionele ontwikkeling. Die LUR sê onderwysers moet bemagtig word om innoverend en kreatief te wees om te verseker dat leerders sukses kan behaal. Chiloane het ook die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie in skole aangemoedig.

 

https://iframe.iono.fm/e/1241052