Mej. Namibië-finaliste vandag aangewys

Die 12 finaliste van Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië word die naweek by die Windhoek Country Club Resort and Casino bekend gemaak. Mej. Namibië-finaliste sal vandag bekend gemaak word en Mej. Tiener Namibië Sondagmiddag. Mej. Namibië 2022 sal op 12 Augustus gekroon word, sê die woordvoerder van die Mej. Namibië-organisasie, Umbi Karuaihe-Upi, aan Kosmos 94.1 Nuus.