Nog ‘n renoster gestroop

Die jongste wildlewe misdaad verslag is bekend. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake sê dat tussen 29 Maart en 4 April, 3 nuwe sake met 7 verdagtes bevestig is. Ses verdagtes is vas vir die stroop van renosters, of, alternatiewelik, sameswering om renosters te stroop. Een verdagte is in hegtenis geneem vir die stroop van ‘n olifant. Een renoster karkas en twee olifant tande is gekonfiskeer in die verband. Daar is beslag gelê op 2 vuurwapens en 31 rondes ammunisie. Die arrestasie in verband met die olifant tande is ‘n Zambiër en is in die Zambezi-streek vasgetrek. Die renoster is in Gobabis gestroop.