Vroeë ontwikkeling krities vir kinders

Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka is van mening dat belegging in die vroeë ontwikkeling van kinders ekonomiese sin maak. Sy het gepraat by die amptelike opening van Exodus Vroeë Kinderontwikkeling Sentrum in Lüderitz. In haar mening is die eerste 1 000 dae van ‘n kind se lewe, van bevrugting tot die kind se tweede verjaarsdag die belangrikste vir die kind se vaardighede. Sioka sê die regering poog vir vroeë ontwikkeling wat die korrekte stimulasie, sosialisering en meer kan verseker. Die sentrum het reeds 37 kinders wat ingeskryf is.