Kospryse skiet die hoogte in

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat voedselpryse in Maart wêreldwyd gestyg het. Dit is die tiende agtereenvolgende maandelikse styging. Die pryse van groente-olie en suiwelprodukte het die meeste gestyg. Die vleisprys-aanwyser het sedert Februarie met 2,3 persent toegeneem. Die prysaanwyser vir graankosse het met 1,8 persent gedaal, maar dis steeds 26,5 persent hoër as in Maart 2020. Robert McGregor ‘n ekonoom van Cirrus in die hoofstad het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.