Nog ‘n piepie-skandaal by Maties

Die Universiteit Stellenbosch was oor die naweek weer in ‘n skandaal gedompel na daar weer geurineer is op swart studente se klere. Die nuus kom kort op die hakke van die aankondiging dat die Nasionale Vervolgingsgeslag klagte teen die geskorste student Theuns du Toit te bring. Luidens Suid-Afrikaanse media is daar op die klere van twee swart studente Saterdag in die vroeë oggendure deur ‘n mede, eerstejaar wit student geurineer. ‘n Noodvergadering is belê kort nadat die voorval plaasgevind het. Die student het volgens berigte self besluit om die koshuis te verlaat en daarom het die huisvader hom nie geskors het nie.