Europese Parlement moet kragpryse dringend aanspreek

Die president van die Europese Parlement, Roberta Metsola, sê dit is tyd vir reusespronge om kleiner stappe te vervang. Sy sê dit geld wat betref stygende kragpryse, krimpende gasvoorsiening, stygende inflasie en optrede teen Rusland se inval in Oekraïne. Sy wil hê die Europese Parlement moet daadwerklik en eendragtig optree want Europese burgers verwag leiding van hulle. Metsola sê daar moet beslissend opgetree word teen die ongebreidelde aanvalle op stede en burgerlike infrastruktuur in Oekraïne. Dit sluit in strenger sanksies en meer militêre steun.