Die wenners van die Wêreldreis-toekennings vir 2021 is bekend

Shipwreck Lodge langs die Skedelkus is vir drie agtereenvolgende jare vir die Wêredreis-toekenning genomineer. Vanjaar het die spoglodge met die louere weggeloop as Namibië se luuksste safari lodge vir 2021. Die ander wenners in Namibië is Sandfontein Lodge en Natuurreservaat as die beste safari lodge, Wilderness Safaris se Hoanib Skeleton Coast Lodge as die beste safari-tentkamp, Avani Hotel die beste hotel, Hertz as die beste voertuigverhuringsmaatskappy en Namibia Tours & Safaris as die beste toeroperateur. Nrupesh Soni, Namibiese toerisme-kenner, reageer op hierdie prestasies.

Soni het ook gesê wat die oorwinning van die Eagles by die T20 Krieketwêreldbeker vir die toerismebedryf beteken.