Mickelson sê LIV is hoe die sport sal ontwikkel

Die sesmalige major-wenner Phil Mickelson sê hy glo vas hy is deur sy deelname aan die LIV-gholfreeks aan die wenkant van hoe dinge in die toekoms in dié sport gaan ontwikkel. Die 52-jarige speler is een van talle hoëprofiel-spelers wat die PGA-toer verlaat en by die Saoedi-ondersteunde wegbreek-reeks aangesluit het. Ten spyte van die gebrek aan erkenning deur gholf se grootkoppe, glo Mickelson LIV en PGA beweeg in teenoorgestelde rigtings: