Nog ‘n lening, die keer N$1,8 miljard

Die Namibiese Minister van Finansies Ipumbu Shiimi het ‘n finansiële samewerking ooreenkoms ter waarde van 1,8 miljard Namibiese doller met die Duitse regering onderteken. Luidens berigte sal 3 programme deur die Duitsers befonds word. Volgens Shiimi sal die Gammans water herwinningsaanleg opgradeer word teen ‘n koste van 900 miljoen Namibiese doller. Die aanleg se kapasiteit sal verdubbel van 25 000 tot 55 000 kubieke meter water wat daagliks herwin sal word. Die Ontwikkelingsbank sal met 540 miljoen doller voorsien word vir lenings om infrastruktuur met klimaatvriendelike tegnologie op te rig en 360 miljoen sal aan Agribank bewillig word vir verskeie fasiliteite om voedselproduksie by te staan, veral vir kleinskaalse boere. Die geld is nie geskenk nie en is geleen.