Pandemie: WGO het foute gemaak

Die Internasionale Paneel vir Pandemie-voorbereidheid het vandag sy verslag na die hantering van die Covid-pandemie bekend gemaak. Sy hoofbevindings toon dat die Wêreldgeonsheidsorganisasie die uitbreking van die korona-virus in China vroeër as noodtoestand verklaar het in plaas van om te wag tot 30 Januarie 2020. Die WGO se noodkomitee moes ingevolge sy eie reëls en regulasies reisbeperkings aanbeveel het wat hy nie gedoen nie. Regerings regoor die wêreld het nie verstaan dat die noodtoestand wat op 30 Januarie verklaar is, die enigste stap is wat die WGO kon neem nie. Die organisasie kan nie ‘n pandemie verklaar nie, hy kan dit net beskryf. Die paneel sê ‘n deursigtige wêreldwye stelsel moet geskep word om die uitbreking van siektes te ondersoek. Die WGO sal die verslag op 24 Mei bespreek.