Nóg ‘n gesondheidswerker sterf in Boksburg

Die dodetal na die gastenkwa-ontploffing in Boksburg het nou tot 27 gestyg nadat nóg ‘n gesondheidswerker van die Temba-gedenkhospitaal dood is. Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag aangesê om die saak so gou moontlik teen die gastenkwa-bestuurder te hervat. Lesufi het gereageer op vroeëre berigte dat die polisie en NVG besluit het om die bestuurder nie strafregtelik aan te kla nie. Lesufi sê die polisie meen die bestuurder moet van moord aangekla word.