Man beseer na hy in Nampol-bakkie geboender is

Die man wat hardhandig in ‘n polisiebakkie deur Namibiese polisiebeamptes geboender is, volgens ‘n video wat op sosiale media versprei is, het steke in sy ken gekry nadat hy beseer is. Teofelus Nimengombe is borgtog van 500 Namibiese dollar in die Ondangwa-landdroshof toegestaan nadat hy daarvan beskuldig word dat hy die polisie verhinder het om hul pligte uit te voer. Op die video kan gesien word hoe Nimengombe in boeie gewelddadig deur ‘n Nampol-beampte in die bakkie gegooi word. Die nasionale woordvoerder van Nampol, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi het haar misnoë oor die voorval uitgespreek en sê Nampol duld nie enige vorm van geweld nie.