Suide-brande is uiteindelik geblus

Die twee groot veldbrande wat vir dae aaneen in die suide van Namibië gewoed en weiding vernietig het, is geblus. Die reuse-veldbrand in die Karasberge tussen Karasburg en Aroab het homself uitgewoed, het ‘n boer in die omgewing, Dolf de Wet van die plaas Michberg aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig. Volgens Namibian Marshal Ranger Sean Naude is die brand by die hervestigingsplaas van Haribes tussen Mariental en Maltahöhe deur brandsbestryders en boere geblus voor daar ‘n bui reën uitgesak het. Daar was geen lewensverliese van mense en vee nie, maar die skade aan weiding is verwoestend vir boere.