Nog ‘n Covid-entstof word getoets

‘n Nuwe Covid-entstof is tans in die tweede fase van proewe en toon uitstekende uitslae. Die entstof, wat deur Sanofi en GlaxoSmithKline ontwikkel is, toon ‘n baie goeie immuun reaksie. tussen 95 en 100 persent van die persone wat tussen 18 en 95 jaar oud is, het ‘n sterk positiewe reaksie getoon sonder enige newe-effekte. Die twee farmaseutiese maatskappye het aangekondig dat ‘n globale fase-drie proef binnekort van stapel gestuur sal word en meer as 35 000 volwassenes sal deelneem. Die maatskappye is positief dat die entstof teen die vierde kwartaal van die jaar goedgekeur sal word.