Nog ‘n bietjie koue, dan kom die somer

Dit lyk of die koue oggende en aande spesifiek in Windhoek en ander dele van die land nie tot ‘n einde wil kom nie terwyl die meeste Namibiërs wag vir die warm weer. Volgens Johan van den Berg, ‘n onafhanklike weerkenner in Suid-Afrika, sal daar weer ‘n daling in temperature vroeg in September kan voorkom, maar warmer weerstoestande kan in September te wagte wees. Van den Berg praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Intussen het die Namibiese weerkantoor ‘n weerwraak uitgereik dat koue toestande van môre af in die Suide sal inbeweeg waar buie in die Suidweste verwag kan word.