Drie jagluiperds blykbaar te mak vir Indië

Indië het volgens berigte drie van die agt jagluiperds verwerp wat onlangs uit Namibië hervestig sou word. Die drie is na bewering in gevangenskap geteel en kan glo nie jag nie. Namibië en die Indiese hoë kommissariaat in Windhoek het die bewerings ten sterkste aan Kosmos 94.1 Nuus ontken. Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, sê die jagluiperds is gevang toe hulle jonk was en is blootgestel aan jag. Die jagluiperds sou in ‘n nasionale park in die staat Madhya Pradesh hervestig word. Indië se inheemse bevolking van jagluiperds is 70 jaar gelede amptelik as uitgesterf verklaar.