Nog maatskappye, bekendes draai teen Kanye West

Die Amerikaanse kletsrymer, Kanye West, verloor steeds steun na sy onlangse omstrede teen-Semitiese uitlatings op sosiale media, met twee bekende atlete wat hulle kontrakte met sy sportbemarkingsagentskap, Donda Sports, beëindig het. Die Amerikaanse voetbalspeler, Aaron Donald, en die basketbalster, Jaylen Brown, het aangekondig hulle kan hulself nie met West se siening vereenselwig nie. Dit volg na gister se aankondig van die Duitse sportdrag-reus, Adidas, dat hy sy borgskap van die musikant en sake-eienaar onttrek nadat maatskappye soos Balenciaga, Vogue en JP Morgan dieselfde gedoen het.