NamRA reageer op die ‘krediet’ wat hy ontvang vir begroting-beweegruimte

Die Namibiese finansminister Ipumbu Shiimi het tydens sy begrotingsrede melding gemaak van die beweegruimte wat die regering het as gevolg van die invordering van inkomste, veral uitstaande belastinggeld. NamRA is dalk nie ‘n held vir belastingontduikers nie maar wel vir begunstigdes van maatskaplike toelae, en meer. Steven Ndorokaze, die hoof van strategiese kommunikasie by die agentskap gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die sukses wat hulle met hul teikens behaal het.

Hy voeg by, as NamRA goed presteer, behoort Namibië goed te presteer omdat daar fondse is vir dienslewering.