Nog kritiek teen Nando’s

Die hoof van veldtogte by die Instituut vir Rasseverhoudings, Gabriel Crouse, sê daar is oorweldigende getuienis dat die meeste Suid-Afrikaners nie dink rassisme is tans ‘n ernstige krisis nie. Die handelsmerk-bedryf ignoreer egter dié feit. Hy sê dit is bewys met die onlangse debat tussen Gareth Cliff en Mudzuli Rakhivhane. Nando’s het sy borgskap van Cliff se program opgeskort want hy het ‘n lid van die One South Africa Movement, Mudzuli Rakhivhane se ervaring van rassisme as onbelangrik afgemaak. Crouse sê die grootste krisis is werkloosheid waarvan die oorsprong nie rassisme is nie: