Namibiese President spreek land môre om 11:00 toe

Die Namibiese Presidensie het bevestig dat President Hage Geingob môreoggend om 11-uur die land sal toespreek oor die jongste maatreëls in verband met die Covid-pandemie. Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het bevestig dat die piek van die derde vlaag reeds bereik is, maar vandag is die hoogste getal van 150 nuwe Covid-verwante sterftes in 21 distrikte aangemeld. Infrastruktuur en bronne is ook steeds onder druk.