Engeland verneder Proteas binne drie dae

Die Proteas se loesing deur Engeland met ‘n beurt en 85 lopies op die derde dag van die tweede toets op Old Trafford is vererger deur Rassie van der Dussen wat moes terugkeer huistoe. Wiaan Mulder het hom by die span aangesluit na Van der Dussen sy vinger gebreek het. Die tuisspan het die reeks een-elk gemaak met die finale toets wat Donderdag op die Oval beslis word.  James Anderson het gister die snelbouler geword wat die meeste paaltjies in internasionale toetse ingeoes het, toe hy Simon Harmer en Kagiso Rabada uitgehaal het. Suid-Afrika is in 85,1-boulbeurte vir 179 uitgeboul.