DNS-toetse steeds agter, daar is nie genoeg geld nie

Daar is steeds ‘n agterstand in ontledings by die forensiese instituut in die hoofstad. Intussen debatteer die nasionale vergadering DNS-toetse in verskeie misdade. Teen September verlede jaar was daar ‘n agterstand van meer as 4 000 DNS-toetse. Kommissaris Nelius Becker, hoof by die instituut, sê dit is as gevolg van ‘n tekort aan befondsing.

Becker sê die Nasionale Vergadering moet maar debatteer maar sonder geld is niks moontlik nie.