Nóg drie mense oor VBS Mutal Bank-skandaal vasgetrek

Die Valke het nog drie mense in hegtenis geneem in verband met die VBS Mutual Bank-skandaal. ‘n Sewe-en-vyftigjarige gewese munisipale bestuurder en ‘n 39-jarige gewese finansiële hoof van ‘n munisipaliteit in Limpopo, sowel as die 41-jarige eienaar van ‘n privaat onderneming is vanoggend by hulle huise rondom Tshwane aangekeer. Nomthandazo Mbambo van die Valke sê hulle sal vandag in die hof verskyn op aanklag van korrupsie en geldwassery: