Krieket: Protea Dwaine Pretorius tree uit

Krieket: Die veelsydige Protea-speler, Dwaine Pretorius, het sy uittrede uit internasionale krieket met onmiddellike ingang aangekondig. Pretorius het in 2016 sy internasionale buiging teen Ierland in ‘n eendagwedstryd gemaak en Suid-Afrika in al drie formate verteenwoordig. Hy het 30 T20-wedstryde, 27 eendagwedstryde en drie toetswedstryde gespeel. Die 33-jarige Pretorius het Suid-Afrika ook by twee Wêreldbeker-toernooie verteenwoordig, maar het verlede jaar se T20-Wêreldbekertoernooi in Australië misgeloop weens ‘n gebreekte linkerduim.