Nóg dodelike geweld in Afghanistan

Minstens 33 mense is dood in ‘n ontploffing by ‘n moskee in Kunduz-provinsie van Afghanistan. Die Taliban sê daar is kinders onder die slagoffers. Nóg 43 mense is beseer. Die ontploffing het tydens Vrydag-gebede by die moskee gebeur. Dit volg ‘n dag na ander ontploffings ook in Kunduz en nog ‘n stad, Mazar-i-Shariff, plaasgevind het. Ontploffings het onderwys-instellings in die weste van Kaboel ook geskud en studente het gesterf.