Stormers seëvier teen Glasgow Warriors

Rugby: Warrick Gelant het duidelik ‘n groot impak gemaak en die Stormers in Kaapstad na ‘n belangrike bonuspunt-oorwinning oor die Glasgow Warriors gelei. Die tuisspan het die wedstryd oortuigend met 32-7 gewen om amper hulle plek in die uitspeelrondes van die Verenigde Rugbykampioenskap te verseker. In vanmiddag se wedstryde speel die Bulle teen Benetton op Loftus, die Leeus en Connacht pak mekaar in Johannesburg en die Haaie en die voorlopers op die punteleer, Leinster, kom in Durban teen mekaar te staan.