Lühl-Delgado-egpaar ‘versigtig optimisties’

Phillip Lühl en sy man Guillermo Delgado sal vanoggend regter Thomas Masuku se uitspraak in die Windhoek-hoërhof in hul aansoek om burgerskap vir hulle seun Yona, aanhoor. Die egpaar bly in die nuus, nie net met Yona se saak nie, maar ook oor die tweelingdogters wat in Suid-Afrika deur middel van ‘n surrogaat gebore is en eers toegang tot Namibië geweier is. Hul regsverteenwoordiger, Uno Katjipuka, het aan Kosmos 94.1 Nuus sê hulle is versigtig optimisties oor die uitspraak.