Nog bewyse oor rugbyspeler se dood in Hawaii

Nuwe beeldmateriaal het aan die lig gekom van die voorval waarin die Suid-Afrikaanse rugbyspeler, Lindani Myeni, in Honolulu in Hawaii geskiet is. Volgens Suid-Afrikaanse media wys dit hoe Myeni verskoning vra dat hy by die verkeerde huis ingegaan het terwyl hy na ‘n tempel daar naby gesoek het.